“Joanette se unieke benadering het my gehelp om ‘n dieper begrip van myself te ontwikkel en ‘n positiewe verandering in my lewe te bewerkstelig.”
“Dankie vir jou ondersteuning in ons huweliksberadingsreis. Ons is optimisties oor ons verhouding en wat die toekoms inhou.”
BIOGRAFIE
Ek is tans besig om my honeurs graad in sielkunde te voltooi aan die Universiteit van Pretoria. As voorgraadse studie het ek ‘n BSc graad in mensfisiologie, genetika en sielkunde voltooi. Gevolg deur ‘n BSocSci Honeurs in sielkunde. Tydens 2024 gaan ek voortgaan met my studies in seksuologie en my Meestersgraad in seksuologie voltooi. My passie lê in die begrip van die komplekse interaksie tussen mense se gedagtes, gevoelens en gedrag binne hul sosiale omgewing. In my huidige rol as ‘n deeltydse Berader by Gesonde Self, fokus ek op emosionele ondersteuning en berading van individue en paartjie, met ‘n spesefieke fokus op tienerberading, huweliksberading en voorhuwelikse berading. Ek het ‘n unieke benadering tot elke individu, omdat ek glo dat ek elke individu uniek is.