Berader
“Zania het my lewe verander! Alles was sekerlik daar, in my, diep binne my. Sy het my gehelp om dit, myself, te vind weer te vind.“Perspektief” is die een woord waaraan ek altyd sal dink as ek aan my sessies met haar dink. Ek het elke keer perspektief gekry. Haar rustige manier om te luister, nooit veroordelend te wees nie en met gesag te praat het my altyd op my gemak laat voel.Ek beveel Zania met groot vrymoedigheid aan.”
“Baie goeie berader, verstaan hoe ‘n paartjie moet werk en wat nodig is om mekaar te verstaan. Sy gee baie om oor haar kliënte en stap die pad saam met jou om seker te maak albei huweliksmaats verryk hulleself en kom by ‘n gelukkige plek uit.”
“Ek was in ‘n baie moeilike persoonlike situasie in 2021 en was dringend op soek na n berader . Ek het by Zania uitgekom na vele onsuksesvolle pogings met ander beraders. Ek het van die begin af tuis en gemaklik gevoel met ons konsultasies asook die manier hoe sy die probleem benader het. Sy het werklik belang gestel om my te help en met haar hulp kon ek die seer in my genees oor n periode van 3 jaar. Ek ervaar haar as uiters professioneel en sy het altyd uit haar pad uit gegaan om tyd in te ruim in haar besige skedule vir opvolg sessies. Ek is baie dankbaar dat ek by haar uit gekom het want sy het my gehelp om deur die moeilikste tyd van my lewe te werk sodat ek normaal kon voortgaan met my lewe. Ek sal beslis aanbeveel vir enige persoon van hulp en berading nodig het.”
Wanneer jy by my kantoor instap is my doelwit om ‘n omgewing te skep waar jy gemaklik en veilig voel. ‘n Omgewing om net jouself te wees. Juis omdat uitreiking vir hulp en emosionele welstand ‘n sensitiewe onderwerp is waaroor ons soms skaam voel.
Ek luister graag met empatie en sonder oordeel. Hier gaan dit nie oor wat reg of verkeerd is nie, maar eerder oor wat is gesond en wat is ongesond vir ons. In ons eerste sessie sal ek ‘n paar vrae vra en net gesels oor dit waarmee jy worstel op die oomblik. Ons gaan as ‘n span saamwerk. Ek is nie hier om vir jou voor te skryf wat om te doen of hoe om te voel nie maar eerder om jou te help en te lei om die oplossing te vind van wat in JOU lewe van toepassing is.