Gesonde Self

WAT ONS DOEN

WAT ONS DOEN

HUWELIKS BERADING

Die persoon wie jy kies om die lewe mee saam te bou is die belangrikse verhouding om op te pas en in te belê. Ons huwelike kan of hemel op aarde wees, of ‘n absolute hel.

Laat ons toe om julle te help om die komplekse uitdagings van verhoudings suksesvol te navigeer, deur fokus-gedrewe sessies om julle te help om weer julle liefde anker te vind.

TRAUMA BEHANDELING

Shadow Restoration Treatment (SRT) is ‘n holistiese benadering tot onderligende trauma. Dit is so ontwerp om spoediglik tot die wortel probleem te kom en dan via liggaam, siel en gees die SELf te genees.

SRT is ‘n 2 ure lange sessie wat bestaan uit drie dele:

ISE – Intentional Self Exploration (nuwe vorm van trauma berading), Healing Touch Treatment (Full Body Hawaiian Massage) en laastens ‘n 30min Stoom Detox Treatment.

SEKS TERAPIE

Seks terapie is ‘n vorm van berading wat bedoel is om individue en paartjies te help om seksuele probleme op te los, soos seksuele disfunksie wat aanhoudende en herhalende probleme met seksuele reaksie, begeerte, orgasme of pyn gedurende seks insluit. Erektiele disfunksie, viganisme en seks afwykings word ook deur seks terapie behandel.

PELVIC FLOOR VERSTERKING

Jou seksuele kern is jou jegel (bekken) spiere, wat grotendeels jou blaas beheer, manlike en vroulike libido versterk, en beter en sterker orgasmes veroorsaak. Ons maak gebruik van gevorderde elektromagnetiese tegnologie wat ‘n nie-indringende deurbraak-behandeling is wat inkontinensie kan behandel deur die kegel spiere te versterk en styf te maak.

HEALING TOUCH MASSAGE

Stress, Trauma en Spanning word in ons liggame, spiere en selle geabsorbeer. Of dit nou allerdag stress is van werk en gesinslewe of trauma van uit jou kinderjare, dit affekteer jou liggaam. Los dit lank genoeg en dit verander in gif wat jou van binne siek maak. Ons help jou om genesing en nuwe energie in jouself te vind.

TIENER BERADING

Jy kan nie bekostig om jou tieners in die donker te los oor hulle seksualiteit nie. Dit is ook nie goed genoeg om klomp reëls hulle kant toe te gooi nie. Jy moet hulle help om ‘n gesonde en hoë seksuele intelligensie te bou. En dit is presies waarmee ons jou kind mee help.